Dit is sy, my Beminde
Dit is sy my Beminde,
    Maar die pad is so vêr na die deur
van haar hart Maar die winde
    bring die mooiste musiek van haar fleur;
want sy skenk my die sleutel
    om haar hart te ontsluit en te hou.
Met welriekende olie,
    soos die soete verfrissende dou,
Is haar liefde die salwing,
    wat my moegheid en tamheid laat kwyn.
En 'n kus van haar lippe
    les my dors, soos die koelheid van wyn.
Sy verander my smarte
    na die trane van blydskap en vreug.
Met die lig in haar oë.
    In haar arms sal ek my verheug!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 Oktober 1949